Of jy nou daaraan dink om jou seun finansieel te help om sy eerste eiendom te koop of om geld te skenk aan ‘n verdienstelike saak, daar is ‘n paar dinge wat jy in gedagte moet hou.
Die Inkomstebelastingwet Nr 58 van 1962 definieer ‘n skenking as “’n gratis oormaking van eiendom, en ook ’n gratis afstanddoening van ’n reg”. Die skenker mag dus geen teenprestasie ontvang van die begiftigde soos in die geval van ‘n ruilooreenkoms nie.
Daar kan verder onderskei word tussen twee tipes skenking, naamlik donatio inter vivos (skenking tussen twee persone wat albei lewend is) en donatio mortis causa (‘n skenking gemaak waar die begiftigde eers die skenking sal ontvang na die dood van die skenker).
Die vereistes vir sowel ‘n inter vivos- as ‘n mortis causa-skenking is die volgende:
‘n Skenking kan ook teruggetrek word. In die geval van ‘n inter vivos-skenking kan die skenker te eniger tyd voordat die begiftigde die skenking aanvaar, sodanige skenking terugtrek. Na aanvaarding van die skenking deur die begiftigde het ‘n geldige kontrak ontstaan en sal die skenking slegs teruggetrek kan word in die geval van growwe ondankbaarheid aan die kant van die begiftigde, bv. indien die begiftigde die skenker se lewe bedreig. ‘n Mortis causa-skenking kan te eniger tyd voor die skenker se dood herroep word aangesien die skenking eers bekragtig word by die dood van die skenker.
Laastens, en sekerlik vir meeste mense die belangrikste, moet aandag geskenk word aan die kwessie van skenkingsbelasting wat aan die Ontvanger van Inkomste oorbetaal moet word. Tans word skenkingsbelasting bereken op 20% van die billike markwaarde van die eiendom wat geskenk word.
Ingevolge klousule 59 van die Inkomstebelastingwet is die skenker aanspreeklik vir betaling van die skenkingsbelasting binne drie maande nadat die skenking gemaak is. Sou die skenker nalaat om die belasting betyds te betaal, sal die skenker sowel as die begiftigde gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou word vir betaling daarvan. ‘n Individu kan egter ‘n skenking van R100 000.00 per jaar, vry van skenkingsbelasting, maak.
Dan is daar ook ‘n paar vrystellings kragtens artikel 56 van die Inkomstebelastingwet, onder andere die volgende, waarop gelet kan word:
Indien gades binne gemeenskap van goed getroud is, moet op klousule 57A van die Inkomstebelastingwet gelet word. Indien enige eiendom deur een van die gades ingevolge ’n skenking vervreem is en sodanige eiendom binne die gemeenskaplike boedel van die gades val, sal die skenking geag word in gelyke dele deur elke gade gemaak te gewees het. Indien die eiendom egter geag word net aan een van die gades te behoort, sal die skenking geag word uitsluitlik gemaak te gewees het deur die gade wat die skenking gemaak het.
Daar is verskeie faktore wat in gedagte gehou moet word wanneer ‘n skenking gemaak word, dus is dit raadsaam om ‘n kenner te raadpleeg ten einde die belasting- en regsimplikasies te bespreek voordat ‘n besluit geneem word.