Stap vir stap gids tot maklike WVF-eise

Budgets: are they worth the effort?
July 21, 2015
Step by step guide to easy UIF claims
July 21, 2015

Stap vir stap gids tot maklike WVF-eise

Alice het onlangs haar werk verloor. Sy voel baie moedeloos omdat sy geen inkomste het om haar familie te versorg en haar maandelikse uitgawes te dek nie. Alice onthou dat sy elke maand bydraes tot die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) gemaak het terwyl sy nog gewerk het. Sy het egter geen idee hoe om van die WVF te eis en of sy kwalifiseer as ‘n eiser nie. 

  1. WIE KAN VAN DIE WVF EIS?

Alle werkers wat WVF-bydraes gemaak het, kan eis as hulle afgedank word, as hul kontrak tot ‘n einde gekom het, of as hulle werkgewer bankrot is. Huishulpe wat meer as een werkgewer het, kan eis as hulle hul werk by een van hul werkgewers verloor of as ‘n werkgewer te sterwe kom. 

  1. WIE KAN NIE EIS NIE?
  • Persone wat uit hul werk bedank of dit verlaat het
  • Persone wie se reg tot eis opgehef is weens bedrog
  • Persone wat nie op die vasgestelde datums en tye rapporteer nie
  • Persone wat opleiding en raad wat deur die WVF-personeel gegee word, weier
  • Persone wat voordele van die Vergoedingskommissaris, of van ‘n Werkloosheidsfonds kragtens die Wet op Arbeidsverhoudinge ontvang 
  1. WANNEER KAN EK VAN DIE WVF EIS?

U kan begin eis vanaf die laaste dag van diens totdat u WVF-voordele opgebruik is of u weer begin werk. U huidige dienskontrak moet verstryk voordat u vir WVF kan registreer. Verder moet u binne ses maande na u laaste dag van diens eis. 

  1. HOE KAN EK VIR WVF-VOORDELE REGISTREER?

Werkloses moet persoonlik aansoek doen by hul naaste arbeidsentrum om WVF-voordele te ontvang. 

Stap 1: Dokumentasie

Hierdie stap is van die uiterste belang as u die eerste keer suksesvol WVF-voordele wil eis. Dit is belangrik om al die nodige dokumentasie te hê sodat u herhaalde reise na die arbeidsentrum kan vermy. Die vereiste vorms kan as PDF-dokumente afgelaai word by ezuif.co.za/UIF – forms.

U benodig:

  • U 13-syfer strepieskode-ID of paspoort
  • Vorm UI-2.8 vir u bankbesonderhede (Let daarop dat hierdie vorm deur u bank geteken moet word en vergesel moet word van ‘n gestempelde bankstaat om u bankbesonderhede te bevestig.)
  • Vorm UI-19 om u werkgeskiedenis aan te toon. Hierdie vorm moet deur u vorige werkgewer ingevul word. (Let daarop dat die Departement van Arbeid u laaste vier jaar se werkgeskiedenis sal nagaan om u WVF-voordeelbedrag te bereken. Maak seker dat u die nodige verklarings van werkgewers vir die vorige vier jaar het. Indien ‘n werkgewer versuim het om u te voorsien van ‘n verklaring, moet hierdie werkgewer ook ‘n UI- 19 voltooi.)
  • ‘n Werksoekersvorm
  • Laaste twee salarisstrokies 

Stap 2: Gaan na die naaste arbeidsentrum

Gaan na die naaste arbeidsentrum sodra u al die dokumentasie het. U kan die adres en telefoonnommer van u naaste sentrum kry by http://www.labour.gov.za/contacts. Let daarop dat die wagtyd by die arbeidsentrum enigiets van twee tot ses ure kan wees; maak dus seker dat u genoeg tyd het. Daar is ‘n skraal moontlikheid dat die personeel by die arbeidsentrum werkloses kan vra om te gaan vir opleiding of advies; hulle is geregtig daartoe en u sal hul advies moet aanvaar. 

  1. HOE SAL EK BETAAL WORD?

Sodra u vir WVF-voordele geregistreer het, sal die personeel by die arbeidsentrum aan u ‘n WVF-kontrolelys verskaf. Hierop sal u ‘n adres vind van die byeenkomsplek waar u moet teken vir ontvangs van u betaling, asook die datum en tyd waarop u daar moet aanmeld. 

Stap 1: Gaan na die  byeenkomsplek om te teken

U moet op die bepaalde datum en tyd by die byeenkomsplek aanmeld om vir ontvangs van u eerste WVF-betaling te teken. Dit is belangrik om betyds te wees. Neem die WVF-kontrolelys en u ID-dokument saam. 

Stap 2: Teken die werkloosheidsregister en ontvang UI-6A vorms

As u WVF-registrasie suksesvol was, sal u naam van ‘n lys uitgelees word. U sal dan gevra word om ‘n register te teken en te bevestig dat u steeds werkloos is. Kry al die UI-6A vorms (een vir elke toekomstige ondertekening) en bewaar hulle op ‘n veilige plek, want u sal hulle nodig hê elke keer as u vir ‘n WVF-betaling moet teken. Hierdie hele proses kan tot drie ure duur. U eerste betaling sal binne twee tot vier dae nadat u die register geteken het, op u bankrekening inbetaal word. 

Stap 3: Neem kennis van u volgende tekendatum

Maak seker dat u bewus is van u toekomstige ondertekeningsdatums; hulle word op u UI-6A vorms aangetoon. Ondertekeningsdatums is ongeveer vier weke uitmekaar. U moet die betrokke UI-6A vorm inhandig elke keer as u bywoon; maak dus seker dat u dit by u het. Let daarop dat u aansoek moontlik vertraag en nog nie verwerk is teen die datum van die eerste ondertekening nie. Daar word aanbeveel dat u die betrokke arbeidsentrum skakel die dag voor die ondertekeningsdatum om seker te maak of u aansoek verwerk is. As u aansoek nog nie verwerk is nie, is dit nie nodig om na die vergaderplek te gaan nie. Vra na die datum van die volgende ondertekening. 

  1. HOEVEEL SAL EK BETAAL WORD?

Die bedrag wat u betaal sal word, hang af van die bedrag van u maandelikse salaris toe u nog in diens van ‘n werkgewer was.

Werkers wat minder as R12 478 per maand verdien het, sal ongeveer 36-56% van hul gemiddelde maandelikse salaris van die afgelope vier jaar ontvang; hoe hoër die salaris, hoe laer die persentasie.

Werkers wat meer as R12 478 per maand verdien het, sal ‘n vaste maandelikse voordeel van ongeveer R4250-R4550 ontvang.

Hoe lank u geregtig sal wees om WVF-betalings te ontvang, hang af van die tydperk wat u bygedra het tot die fonds. U kom in aanmerking vir een dag se voordeel vir elke ses dae wat u gewerk het en tot die WVF bygedra het oor die voorafgaande vier jaar. Die maksimumgetal dae waarvoor u kan eis, is 238.   

Nota: U kan u WVF maandelikse paaiemente bereken deur die EZUIF-berekenaar te gebruik by http://ezuif.co.za/2012-uif-benefits-calculator/

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak atyd jou finansiële adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies.

Comments are closed.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X