Effektiewe besigheids kostebestuur: 7 wenke

Cost management: 7 Tips for cutting business expenses
September 25, 2015
Sekere riglyne vir jou boedelbeplanning
September 25, 2015

Effektiewe besigheids kostebestuur: 7 wenke

Elke eienaar van ‘n besigheid wil graag die maksimum wins maak deur middel van verkope en streng interne finansiële dissipline. Gesonde praktyke wat van die begin af geïmplemeneer word, sal later vrugte afwerp. Hierdie sewe wenke oor kostebestuur sal tot jou klein onderneming se groei bydra.

  1. Hou uitgawes van die begin af dop.

Moenie dink dat dit in orde is om uit onkunde in die eerste paar maande oor te spandeer nie; dissipline word vanuit die staanspoor vereis. Spandeer versigtig en soek altyd goedkoper alternatiewe. Geld wat jy nou spaar, sal later dividende oplewer.

  1. Hou persoonlike en besigheidsrekeninge apart.

Dis belangrik dat jou persoonlike en besigheidsrekeninge apart gehou word vir die belastingseisoen. Wees eerlik en hou jou boeke skoon om probleme met SARS te vermy.

  1. Hou gedetailleerde en akkurate aankooprekords.

Akkurate rekordhouding sal help om jou besigheidsuitgawes effektief te bestuur. Teken elke aankoop dadelik aan, van die kleinste tot die grootste, sodat dit ‘n gewoonte word vir elke werknemer in die maatskappy. Sodoende kan jy sien waar jou geld heen gaan en kan jy koste besnoei indien nodig.

  1. Soek ‘n kredietkaart met lae rente.

As ‘n klein besigheid kwalifiseer jy vir ‘n kredietkaart met lae rente; besoek dus verskillende banke totdat jy die regte kaart vir jou behoeftes vind. Jou kaart moet bydra tot die groei van jou onderneming sonder om jou slapelose nagte te gee oor skuld wat ophoop weens hoë rentekoerse.

  1. Kontroleer vroeg en dikwels.

Hersien jou uitgawes weekliks sodat jy enige ekstra uitgawes onmiddellik kan aanspreek. Doen dit vanaf die begin en sluit elke aspek van jou besigheid daarby in, insluitend salarisse en enige nuwe uitgawes wat jy moes aangaan. Dit is beter as om later te soek na verduidelikings.

  1. Belê in goeie tegnologie

Koop eerder goeie tegnologie as om 'n swakker kwaliteit te koop en uiteindelik duisende rande aan herstelwerk en vervangingskoste te spandeer. Jy sal meer waarde uit ‘n beter produk kry en boonop is dit aftrekbaar van belasting.

  1. Behou finansiële verantwoordelikheid.

Om effektief te begroot en geld te bespaar, is van uiterste belang wanneer jy ‘n onderneming begin. Moenie ophou bespaar nie; gaan voort daarmee en verwag dieselfde van al jou werknemers. ‘n Besigheid kan net groei as jy finansiële verantwoordelikheid aanvaar. Gebruik hierdie kostebesparingswenke sodat jou onderneming meer buigbaar kan word wanneer dit uitbrei.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&EO)

Comments are closed.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X