Neem jou onderneming na die volgende vlak

Financial assistance to directors
May 17, 2016
Watter belegging is die beste? Hoe om jou opsies teen mekaar op te weeg
June 3, 2016

Neem jou onderneming na die volgende vlak

Jou onderneming sal stagneer as jy die status quo wil handhaaf. Jy kan nie maar net doen wat jy altyd gedoen het nie. Neem as voorbeeld die voormalige fliek-uitlenersreus Blockbusters. Selfs sy bekendheid en markdominering was nie genoeg om dit te red toe ander maatskappye op kritieke veranderings in die mark gereageer het en Blockbusters nie. Bestudeer die volgende stappe om te verseker dat jou besigheidstrategie gedurig ontwikkel om groei te stimuleer.

Stap Een: Kultiveer kreatiwiteit

Elke besigheid moet iets nuuts skep om in die wedloop te bly. Kultiveer kreatiwiteit in jou maatskappy. Bring diverse werknemers met diverse idees bymekaar en moedig hulle aan om ‘n dinkskrum te hou oor huidige tendense en ontwikkelinge, met inagneming van die behoeftes van die verbruikers. Daag hulle uit met nuwe projekte wat hul denke sal stimuleer tot briljante, innoverende nuwe idees.

Stap Twee: Optimaliseer samewerking

Spanwerk laat jou maatskappy funksioneer. ‘n Goeie span is meer as die som van al die individue; dit is meer kreatief, meer effektief en meer produktief. Elke lid se swak en sterk punte bring die beste in die ander uit, sodat elkeen ‘n uiteenlopende en spesiale bydrae kan lewer.

Stap Drie: Neem risiko’s

Sodra jy stappe geneem het om jou maatskappy meer kreatief en innoverend te maak, moet jy uit jou gemaksone tree en hierdie nuwe idees beproef. Moenie dat besware en negatiewe opmerkings jou van stryk bring nie – ‘n dapper hart is van kritieke belang as jy jou besigheid wil laat groei. Weet wat die aanvaarbare vlak van verlies sal wees as dit misluk, rol jou moue op en doen dit eenvoudig.

Stap Vier: Aanvaar mislukking

Nie alles wat jy probeer, gaan suksesvol wees nie. Moet dit nooit van jouself, jou werknemers of jou maatskappy verwag nie. Hanteer die mislukkings as leerervarings en dissekteer dit om vas te stel waar jy kan verbeter. Om risiko’s te neem, is om soms te misluk, maar jy wil tog nie net oorleef nie – jy wil floreer! Verwag van jouself en jou werknemers om na ‘n mislukking op te staan, weer te probeer en vorentoe te kyk. Verbeter wat jy kan, probeer iets nuuts en hou aan – jou volgende inisiatief mag dalk jou groot deurbraak wees!

Stap Vyf: Prioretiseer vir sukses

Tyd is kosbaar, so moenie tyd mors op onbeduidende projekte wat jou vordering met belangrike sake vertraag nie. Kies die projekte wat die sukses van jou maatskappy gaan bepaal en spandeer dan jou tyd daaraan. Jy kan nie vir alles “ja” sê nie, so prioretiseer. Die wêreld verander so vinnig dat jy moet seker maak jy fokus al jou pogings op die belangrike dinge. Dit is hoe jou besigheid op die voorpunt gaan beland – en daar gaan bly.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

Comments are closed.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X