Beskerm jou aanlyn reputasie

Guard your online reputation
May 19, 2015
Wat is die gegons oor besigheidsredding (Business Rescue)?
June 25, 2015

Beskerm jou aanlyn reputasie

Jou onderneming word dalk nie aanlyn geadverteer nie, maar die Internet kan gebruik word om jou reputasie te verbeter of te skaad. Beskerm jou reputasie en hoe die wêreld jou maatskapy beskou.

In die dae voor die Internet die wêreld beheer het, was jy die enigste een verantwoordelik om jou besigheidsreputasie te bou. Deesdae moet jy jou reputasie bestuur, want die kleinste dingetje wat jy doen, die onbeduidendste woordewisseling met ‘n kliënt, sal aanlyn buite proporsie opgeblaas word. Verbruikers vors produkte na voordat hulle koop, en dit neem slegs een snydende opmerking deur ‘n ontevrede kliënt wat dinge uit verband ruk om al die harde werk van jare ongedaan te maak. Dit kan lank neem om hiervan te herstel, dus is dit uiters belangrik om jou reputasie te beskerm.

Blogs, forums en anonieme resensiebladsye gee aan verbruikers ‘n platform om hul menings te lug, wat ‘n goeie ding kan wees, maar sommige kommentaarskrywers kan optree in opdrag van jou mededingers. As jy nie aktief jou besigheidsreputasie bestuur nie, sal ander dit namens jou doen, en jy kan seker wees dat jy nie van die resultate gaan hou nie.

Michael Zammuto, president van Brand.com, bied hierdie wenke aan klein besigheidseienaars oor hoe om jou aanlyn reputasie te beskerm:

Jy kan nie die Internet ignoreer nie
Navorsing op die Internet is koning, en dit is ‘n feit. Selfs klein besigheidseienaars wat nie op die Internet adverteer nie, mag vind dat hulle aanlyn bespreek word. Die Internet bring dalk nie vir jou besigheid nie, maar dit kan wel jou reputasie beïnvloed, want kliënte wend hul maklik tot die Internet om uiting aan hul gevoelens te gee, veral as hul voel dat hul te na gekom is. Gaan self aanlyn en doen navorsing oor wat van jou maatskappy gesê word – jy mag dalk ‘n verrassing kry!

Weet wat jy kan beheer
Moenie voornemende kliënte na aanlyn resensiebladsye verwys as hulle meer inligting oor jou onderneming soek nie, want jy het geen beheer oor die inhoud van daardie bladsye nie. Verbeter eerder jou posisie op die Google soekresultate deur waardevolle artikels met wenke, inligting en raad op te laai. So word jy ‘n betroubare inligtingsbron vir jou kliënte, wat op die lange duur van groot waarde vir jou onderneming kan wees.

Beskerm jou eie reputasie
Moenie ‘n klomp geld op ‘n reputasiebestuursmaatskappy spandeer nie; gebruik eerder gratis middele en dienste soos Google Alerts, TweetBeep en Monitor om jou maatskappy se reputasie dop te hou. Indien jy wel so ‘n maatskappy wil gebruik, vermy diesulkes wat verskeie Twitter- rekeninge en mikrobladsye oopmaak en die Web oorspoel met positiewe terugvoer oor jou maatskappy. Dit sal daartoe lei dat jou posisie op die soekresultate tot heel onder val en groot skade aan jou maatskappy se reputasie aanrig.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak atyd jou finansiële adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies.

Comments are closed.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X