Indien ‘n maatskappy/beslote korporasie in finansiële moeilikheid verkeer en alle moontlike metodes om die besigheid te probeer red, het reeds misluk, is daar een laaste opsie beskikbaar om die besigheid te red: dit kan ‘n aansoek om besigheidsredding tot die CIPC rig. Ten einde vir besigheidsreddingsprosedures te kwalifiseer, moet die besigheid aan die vereistes voldoen soos in die volgende paragraaf uiteengesit.
‘n Maatskappy/beslote korporasie sal slegs as ‘n kandidaat vir besigheidsredding beskou word indien aan al drie die volgende vereistes voldoen word:
‘n Besigheid word beskou as in finansiële nood wanneer:
Wat is die doel van ‘n besigheidsreddingsplan?
Die doel daarvan om ‘n maatskappy/beslote korporasie onder besigheidsredding te plaas, is om die besigheid ruimte te gee waarbinne die besigheidsreddingsplan geïmplementeer kan word en om die besigheid ‘n kans te gee om weer ‘n lopende saak te word.
Alternatiewelik, indien die besigheid gelikwideer word ten spyte van besigheidsreddingspogings is die doel om hopelik groter opbrengste vir die krediteure en aandeelhouers te verseker as wat die geval sou wees indien die besigheid gelikwideer is voordat enige besigheidsreddingsprosedures onderneem is.
Ten einde aan ‘n besigheid die maksimum geleentheid te bied om sy finansies te herstel en voort te gaan as ‘n lopende onderneming herstruktureer die besigheidsreddingsplan normaalweg ‘n besigheid se bates, laste en ekwiteit, sowel as die manier van sake doen.
Wie kan as ‘n besigheidsreddingspraktisyn aangestel word?
Daar is ‘n lys name van gelisensieerde besigheidsreddingspraktisyns beskikbaar op die CIPC se webtuiste.
Wat doen ‘n besigheidsreddingspraktisyn?
Die aangestelde besigheidsreddingspraktisyn sal die besigheid se situasie ondersoek en ‘n besigheidsreddingsplan voorstel. Nadat die besigheidsreddingsplan deur die krediteure en aandeelhouers goedgekeur is, sal die besigheidsreddingspraktisyn die plan implementeer. Die rede waarom die krediteure en aandeelhouers die besigheidsreddingsplan moet goedkeur, is omdat hulle hul reg om betaling van die besigheid te eis, sal weerhou terwyl die besigheid bestuur word onder die besigheidsreddingsplan.
Nadat die besigheidsreddingsplan geïmplementeer is, sal die besigheidsreddingspraktisyn tydelik toesig hou oor die besigheid en dit bestuur saam met die huidige bestuurspan.
Die besigheidsreddingspraktisyn sal ook die hantering van die krediteure en aandeelhouers oorneem. Verder sal die besigheidsreddingspraktisyn met geregistreerde vakbonde kommunikeer wat werknemers van die besigheid verteenwoordig. Indien daar werknemers is wat nie aan enige geregistreerde vakbond behoort nie, sal die besigheidsreddingspraktisyn ook met hierdie werknemers of hul verteenwoordigers kommunikeer.
Die eerste stap in die proses om ‘n besigheidsreddingproses te begin, is om ‘n kennisgewing tot die CIPC te rig waarin die besigheid se voornemens om met besigheidsreddingsprosedures te begin, oorgedra word. Die res van die besigheidsreddingsproses asook die besigheidsreddingsdokumente wat benodig word vir voorlegging aan die CIPC is beskikbaar op die CIPC se webtuiste.
Hierdie artikel bevat slegs algemene inligting en moenie gebruik of beskou word as professionele raad nie. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade weens vertroue op hierdie inligting nie. Raadpleeg altyd u finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies.
Verwysingslys: