Voordat u jaarlikse opgawe voltooi word is dit belangrik om seker te maak dat kontak-, adres-, bank- en openbare amptenaar besonderhede van die entiteit (hetsy vir ‘n individue, maatskappy, trust of enige ander entiteit) korrek is, deur dit te bevestig en op te dateer met gebruik van die RAV01 vorm. Die RAV01 besonderhede kan op twee maniere bevestig en opdateer word, naamlik via eFiling of deur ‘n SAID-tak te besoek.
Veranderinge wat via eFiling kan geskied:
Indien die validering van u bankbesonderhede onsuksesvol is op eFiling, sal u versoek word om ‘n
SAID-tak te besoek om die bankbesonderhede persoonlik te bevestig. Sekere besonderhede soos registrasienommers en ID nommers sal gesluit wees en die opdatering van hierdie velde kan slegs by ‘n SAID tak gedoen word.
Veranderinge wat slegs by ‘n SAID-tak aangebring kan word:
Opdatering van bankbesonderhede:
Slegs die spesifieke belastingbetaler (individue), publieke amptenare (maatskappye en trusts) en geregistreerde belasting praktisyns (namens die kliënt) is by magte om bankbesonderhede te wysig. Dokumente wat nodig is om geregistreerde besonderhede op te dateer sluit in –
Om enige onnodige besoeke aan ‘n SAID-tak te verhoed beveel ons u aan om ons so spoedig moontlik van enige veranderinge aan geregistreerde besonderhede in kennis te stel, om ons sodoende die kans te gee om die besonderhede te wysig voordat u volgende opgawe ingedien word.
Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)