Waarom afleggingsdekking ’n ononderhandelbare behoefte is vir diegene wat tans werk.
Om afgelê te word, is een van die mees traumatiese oorgange in ’n persoon se loopbaan, en terwyl die wêreld worstel met die nasleep van die pandemie en gespanne ekonomieë, is afleggings ongelukkig steeds ’n werklikheid vir baie mense.
Die trauma van ’n aflegging, tesame met finansiële stres, kan ’n persoon onseker laat oor hulle toekoms. Ongelukkig word verbruikers, wat nie afleggingsdekking het nie, aan groter finansiële risiko blootgestel wanneer hulle afgelê word.
Tipies betaal afleggingsversekering tot 70% van jou belasbare salaris (na gelang van jou belastingkrag) vir tot ses maande lank. Die idee is dat die maandelikse afleggingsversekeringsbetalings jou sal toerus om jou finansiële verpligtinge na te kom totdat jy ’n nuwe bron van inkomste verkry, soos ’n ander werk of om ’n besigheid te begin.
Na afleggings, kom mense egter gou agter dat hulle betalings in gebreke bly. Dit kan lei tot verswakte kredietrekords. As basiese geldbestuursbeginsels egter gevolg word, kan hierdie situasie vermy word.
Hieronder is ’n paar wenke wat oorweeg kan word om te help verseker dat jy ’n finansiële buffer in plek het indien jy deur aflegging geraak word:
Mense wat afleggingsversekering of kredietbeskermingsversekering uitgeneem het, kan vir ses maande vrygestel word van die betaling van ’n gedeelte van hul skuld, terwyl ander skuld afgeskryf kan word.
Die meeste opsies het ’n wagtydperk van ses maande en betaal tot R30 000 per maand as jy afgelê word. Dit is egter van kritieke belang om jou opsies te ondersoek en die verskillende voordele op te weeg.
Kry vir jou ’n finansiële adviseur wat jou sal raadgee oor besluite wat geneem moet word na ’n aflegging. Maak seker dat jou gekose adviseur heeltemal onafhanklik is en jou beste belange op die hart dra. Jou adviseur sal jou help om die beste besluite oor jou skeidingspakket, aftreefondsvoordele, groeplewensdekking en mediese fonds te neem.
Weerstaan die versoeking om al jou aftreegeld impulsief te bestee. Bepaal hoe lank jou fondse sal hou deur ’n begroting te skep wat gebaseer is op enige noodfondse wat jy beskikbaar het.
’n Goeie finansiële adviseur sal jou adviseer oor die beste opsies waar jy fondse kan bêre terwyl jy vir werk- of sakegeleenthede beplan.
As jy groeplewensdekking het, kyk of dit aan jou ’n voortsettingsopsie bied. ’n Voortsettingsopsie laat jou toe om die lewensdekking te behou sonder om mediese onderskrywing te ondergaan.
Moenie jou mediese fonds kanselleer nie. As jou werkgewer jou mediese fonds se premies namens jou betaal het, voorsien jou mediese fonds met debietorder instruksies om te verseker dat daar geen verval in dekking is nie en dat niks in hierdie moeilike tyd deur die mat val nie.
As jy skuld het soos ’n korttermynlening, kredietkaart of selfs motorfinansiering, is daar ’n goeie kans dat jy kredietversekering het. In baie gevalle sal die kredietversekering dekking vir aflegging bied—en, afhangend van jou versekering, sal dit tussen ses en 12 maande van jou kredietpaaiemente dek.
Kredietlewenspolisse word dikwels by huislenings, motorlenings en ander kredietooreenkomste ingesluit, en dek wat jy die kredietverskaffer skuld as jy weens ongeskiktheid of dood nie jou terugbetalings kan nakom nie. Byvoorbeeld, as jy sterf terwyl jy ’n bedrag op jou motorlening skuld, sal hierdie tipe polis die skuld vereffen en jou boedel vry van daardie aanspreeklikheid laat.
Baie kredietlewenspolisse sluit ’n afleggingsvoordeel in, sodat as jy afgelê word, die skuld wat deur die polis gedek word, vereffen sal word.
Hierdie artikel is algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)